Op 9 Junie by die nuwe terminaal in die Durbanhawe vind nog ‘n ope prethengeldag vir alle gestremdes plaas, soos elke jaar aangebied deur Ramkat Fishing, die organisasie van Gerard ‘Yster’ Smal.
Yster Smal bied reeds vir etlike jare ‘n opehengeldag aan, in die beginjare vir weermag en polisielede, maar dis vinnig vir enige gestremde persoon oopgestel. Verskeie borge is betrek en al die deelnemers mag ‘n helper byderhand hê.
Verlede jaar se hengeldag het nogal hope snapper en knorhane opgelewer en hierdie jaar is die hoop dat dit weer sal gebeur.
Inskrywing vir deelnemers is net R200 wat die helper insluit. Toegang na die water op die kaai is spesiaal vir rolstoelhengelaars en ander wat sukkel met loop mooi plat en met plaveisel bedek, en gedagtig aan deelnemers se welstand en gemak, is skoon toiletgeriewe byderhand. Die intreefooi sluit ook verwelkomingskoffie, koekies en koeldrank in, asook ontbyt en middagete. Beslis goeie waarde vir geld!
“Al wat nou kort is die hengelaars,” sê Yster Smal, “die vis wemel. Met verlede jaar se hengeldag is die eerste vis sommer binne die eerste minuut na die begin om 07:00 gevang!”
Skakel Yster om in te skryf asook vir enige navrae by 081 754 8144.
The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!
… [Trackback]
[…] Read More to that Topic: foranglers.co.za/ramkat-fishing-opehengeldag-vir-gestremde-hengelaars/ […]
… [Trackback]
[…] There you can find 65869 more Information to that Topic: foranglers.co.za/ramkat-fishing-opehengeldag-vir-gestremde-hengelaars/ […]
… [Trackback]
[…] Information to that Topic: foranglers.co.za/ramkat-fishing-opehengeldag-vir-gestremde-hengelaars/ […]
… [Trackback]
[…] Find More on to that Topic: foranglers.co.za/ramkat-fishing-opehengeldag-vir-gestremde-hengelaars/ […]