fbpx
AdventureLatest IssueReaders showcaseTight Lines

Readers catches – Lesers se vangste: Oktober 2019

Sent in by our readers

WE CELEBRATE YOUR CATCHES – 
AS PUBLISHED IN STYWE LYNE TIGHT LINES MAGAZINE, OKTOBER 2019 ISSUE 716

TO ENTER: Email a hi-res jpg image and details of the catch (max 80 words!) as attachments to: stywelyne@stywelyne.net


Yolanda Joubert

So gaan ek toe saam Angola toe vir my man se droom visvang trip. Ek was van plan om net te rus maar toe byt die visvang gogga my ook! Ek het hierdie jaar op die ouderdom van 58 my eerste kabeljou gevang. Wat ’n voorreg was dit om deel van Frans de Wit se toergroep te wees. Daar vang ek toe ’n kabeljou van 35kg van die kant af, 1-uur die middag. My hengelgerei was ’n 13-voet Assassin stok, Okuma Trio katrol met 30-pond braid en ’n seekatpoot vir aas. Dit het ongeveer ’n uur gevat om die vis in te bring. Die moeder vis is toe weer vrygelaat in die see – wat ’n voorreg!


Hendrik vd Walt

Go Fish van Mosselbaai het ons uitgevat om van die kant af te hengel by Cape Vacca naby Mosselbaai. Ek het ’n gespikkelde-skeurtandhaai van 200kg, 217cm lank, gevang met ’n geelstert se kop wat deur my skoonpa, Bennie Diedericks gevang was. My pa, Tjaart vd Walt het ook ’n geelstert gevang van 17kg. Die aas was ’n bonito wat met ’n drone ingevlieg was. Baie dankie vir die goeie leesstof elke maand.


Rickus Pretorius

In my hele lewe het ek ’n St. Joseph’s haai nog net ’n paar keer in ’n tydskrif gesien, en tydens 2 hengelsessies in die Strand toe vang ek beide sessies een, baie vinnige fotos is geneem, en altwee is veilig vrygelaat.


Stywe Lyne artikel stuur ons St Lucia toe!

Vyf van ons vriende uit Pretoria het besluit ons wil gaan diepseehengel by St Lucia. Dis nadat ons ’n artikel in Stywe Lyne gelees het, en so het ons bespreek, net soos in die artikel verwys, by Walter Leibrandt van Free Spirit Deepsea Charters vir twee dae se hengel. Die eerste dag was kalm en die see spieëlglad; ons het vir tunas gehengel en die dag was suksesvol, elkeen het 3 tunas gevang, 15 in totaal en een katonkel, (couta/king mackerel) op lewendige aas.

Die tweede dag was die see die teenoorgestelde en ons het nader aan die kus begin. Die eerste vis vir die dag was ’n koninginvis (queenfish) van 9,1kg op die dropshot metode, die tweede ’n Natal snoek (queen mackerel) op ’n spinner. Nie te lank nie of ek was aan met ’n kobia (prodigal son) – dit was nou die eintlike vis waarna ek gesoek het, my droomvis! Die vis was gevang op lewendige aas en het 10,1kg geweeg.

Daarna het Walter gevra of ons reg was vir “rock&roll” verder uit op die diepsee waar dit baie rof was. Ons het toe kunsaas gesleep vir tunas en het gevoel of ons op die TV reeks, “Deadliest Catch” was, want al 5 stokke was binne sekondes vas met vis, en 5 visse was na groot chaos op die boot, skommelende water en al. Daarna het ons nog ’n hele paar tunas gekry en die dag hoogs tevrede afgesluit. Ons wil dankie sê aan Walter en Leon vir die absoluut uitstekende tyd en hul passie vir hengel wat nie anders kan nie as om af te smeer op ons klomp “bass-vissermanne” -soos hul sou sê. Ook baie dankie aan Stywe Lyne se avontuurartikels, ons sien elke maand uit na die nuutste uitgawe. – Erich Rossouw, ook namens Kabouter, Gert, Boela, Koos en Kappie.


A story to tell…

“That was the best day of my life Dad” …. when you hear this, you know that the fishing wasn’t good, it was great!

We met the sunrise as we enjoyed a long walk with fishing guide Jeff Asherwood along the beach at Isimangaliso for a day of fishing that we will treasure. My son Eric’s enthusiasm did not dwindle over the 10 hours at the water; he showed patience and great ability by landing (and releasing) a wide variety of fish throughout the day as we fished into the rocks, including stone bream, zebra fish, and grey grunter.

Eric Charles, Jeff Asherwood and Stephan Charles.

Jeff was recommended at the local tackle shop at St Lucia, so we met for a coffee to chat about fishing and the rest is history. He is so passionate and knowledgeable with such a love for fishing, he tags and releases all the catches which was “difficult” to watch when we landed the first rockcod, but actually gave us great peace for the love of the sport.

Eric loves every type of fishing, fresh and saltwater, he will even fish in the swimming pool with a homemade rod in the rain and cold! He has spent most of his time fishing at the sea as we have been going to St Lucia for the past 10 years during school holidays.

A favourite memory is standing next to him, both of us with lines in the water, and he will ask, “Dad, what does a bite feel like again?” and I would have to pluck his line … just so he doesn’t get mixed up with the moving of the waves! – Charles Stephen.

The first fish that Eric caught, this happened to be at Mission Rocks, pictured here with his Oupa.

Gerhard Olivier

Hierdie galjoen is gevang in Blombos area by Pfaff se Draai – meer Puntjie se kant toe. My aas was rooiaas. Gerei was Daiwa Saltist stok met Daiwa Sealine 50 SH katrol, 15kg lyn met 2.0 Daiichi hoek. Die vis was op stootwater gevang. Die lengte was 50.5cm en weeg 2,45kg. Daar het 8 galjoene, 2 belmanne en ’n kolstert uitgekom.


Siphiwe Mthembu

I caught this carp with a Banana Bloekom floatie and Magic Baits Gems. It weighed 3,4kg and was released back to the Wilge River at Harrismith. It was my only catch since 07:00 and I caught it only at 17:30. The carp gave a good run and that was all worth the wait for.


Juan van der Walt

Ek het hierdie “grey shark” gevang toe ek met vakansie was by Blue Lagoon in Durban. Die aas was ’n heel makriel wat ek “geslide” het. Hy is weer vrygelaat om ’n ander hengelaar se dag te maak.


JUNIOR BOTTOM FISH NATIONALS

From left to right: Stefano Baschiera, Marja Penninkof and Werner van Zyl.


During the June/July holidays I was fortunate enough to take part in the Junior Bottom Fish Nationals in East London where through teamwork and determination we were able to pull off third place, as well as making memories we would not soon forget. I also managed to land my biggest red steenbras to date 13,65kg. – Stefano Baschiera.


BADENHORST GESIN VANG MOOI DIEPSEEVIS!

PJ Badenhorst van St Lucia het sy verjaarsdag behoorlik gevier. Sy vriend Barend Verster van Wave Dancer Charters in St Lucia, het hom en sy gesin bederf met ‘n dag se hengel uit op die diepsee. PJ breek toe amper St Lucia Diepseeklub se klubrekord deur ‘n Natal snoek van 9,45kg te vang, ‘n baie goeie vangs vir die area. Hul seun Stiaan vang toe sy heel eerste diepseevis, ‘n geelvin tuna, beslis ‘n groot vegter om te land! Sy vrou Carmen wat deel is van Zululand se diepseehengelspan, het ‘n prag wahoo van 16,35kg maklik ingebring! Dit was vir die hele gesin, so ook skipper en vriend Barend, ‘n onvergeetlike ervaring.


Related Articles

Close