Riaan Alleman Hengel en Geniet Die Dag Saam Met Wenners!
Ek dink partykeer is almal op kantoor bly daar is net een Riaan Alleman; soms lag ons lekker en ander tye is ek omstrede en moet hulle net vure doodslaan. Nietemin het ek nou al die laaste jaar ‘n persona gevestig en sodoende ‘n gehoor opgebou wat my lawwe video’s volg en gereeld iets daaroor te sê het. (Kyk maar op ons Facebook-blad – Red).