
Riaan Alleman kuier met Wynand Francois Leimecke by Klipdriftdam
Dit is middel Maart en Riaan Alleman het die absolute voorreg om die dag te spandeer saam met Wynand Leimecke (36) by die legendariese Klipdriftdam naby Potchefstroom.
Wynand is op 14 Mei 1986 in Virginia in die Vrystaat gebore en het as boerseun op ‘n plaas net buite Bloemfontein groot geword. Hy het sy laerskool-loopbaan voltooi by Dr CV Visser-laerskool en daarna by Hoërskool Brohmer. Na skool het sy pa einde 2004 besluit om die plaaslewe vaarwel te roep en Johannesburg toe te verhuis. Dit was nie ‘n maklike besluit nie, maar om te boer met al die veediefstal het dit net glad nie meer sin gemaak nie.