SA Kunsaashengel-kampioenskappe, Vaalrivier: SA JUNIOR KAMPIOEN 2022
Altus, ‘n graad 11-leerling en woonagtig in Pretoria het vir die tweede agtereenvolgende jaar daarin geslaag om as die Suid-Afrikaanse Junior Kunsaashengelkampioen gekroon te word. Hy is reeds vyf jaar lid van die Classics Kunsaashengelklub en hengel al vanaf ‘n baie jong ouderdom.
Dit is nie net sy pa, Stef Weimann, wat ‘n groot invloed op sy hengelloopbaan het nie, maar ook sy skipper Jannie Erasmus. Jannie is altyd daar met raad en hulp en het weereens bewys wat se goeie rolmodel hy vir Altus is.