
SA Kunsaashengel-kampioenskappe, Vaalrivier: SENIOR DAMES KUNSAASHENGEL-KAMPIOEN, 2022
Magriet Coetzee is nie onbekend in kunsaashengelgeledere nie. Sy is reeds sedert 2013 betrokke by kunsaashengel. Sy het in kunsaashengel begin deur as skipper vir die Sentraal Noordwes se juniorspan tydens die SA Kampioenskappe op te tree. Daarna het sy haar Proteakleure verwerf deur by verskeie geleenthede as bestuurder van Protea-spanne op te tree, maar nooit het sy die kans gehad om self proewe te hengel nie.
Danksy die reëling vanaf SAALAA om die dames saam met die juniors proewe te laat hengel was dit vir haar ‘n besonderse voorreg en eer om vir die eerste keer aan die damesproewe te kon deelneem. Bote en toerusting is nou meer geredelik vir dames beskikbaar om deel te neem.