fbpx
Bank AnglerSkole LigaTournament News

SA Skolehengel Gaan Groot!

Eerste SA Skole Kampioene van Kampioene ‘n Groot Sukses

Die toekoms van hengel lê inderdaad in die hande van ons jong hengelaars, en skole se betrokkenheid is van kardinale belang. Dit is die visie van Andries Maree, president van SASACC en ook die meesterbrein agter die Kampioen van Kampioen toernooi, wat voorsiening maak vir deelname van die beste hengelskole in die land.

Die Nyl Biodiversiteitsprojek het ‘n kompetisieoord ontwikkel wat ook enig in sy klas is en word op ‘n wyse bestuur waar veiligheid, water- en vissorg die hoogste prioriteit is. Die oord was die gasheer van hierdie toernooi wat nog baie gesog gaan word en verseker een van die hoogtepunte in die skolekalender sal wees.

Die jong hengelaars van Curro Heuwelkruin het die baberplan mooi agtermekaar gehad. Hier is Ashton White (links) en Walter Frazer (regs) met babers van 11,4kg en 9,4 kg onderskeidelik.

Die meisies het tydens hierdie toernooi waarlik hulle staal gewys – hier is Twane Venter van Krielpark met ‘n karp van 6,14kg.
Ruben het tydens elkeen van die eerste twee sessies een van hierdie mooi karpe gevang.

Nege hoërskole en agt laerskole trek saam om die geveg om die titel van die beste hengelskool in die land. Die formaat van die kompetisie bepaal dat vier afsonderlike kompetisies gehengel word, en die sonepunte bymekaar getel word om die wenners te bepaal. Die fokus was absoluut spanprestasie, en geen individuele wenners is aangewys nie.

Die Laerskole wenspan het uitsonderlik presteer en wen oortuigend (219 punte). Die twee meisies in die span, Eldone Muller en Kayla Swanepoel het hulle deel goed gedoen en weeg tesame 44 vis vir 108 punte. Die twee manne, Michael de Villiers en Marnu Claase weeg 63 vis vir 111 punte. As pen vang hulle die meeste vis vir die toernooi.

Die watertemperatuur was nog nie heeltemal reg vir die kurpers nie, en die karpe en babers het al begin gereedmaak vir kuitskiet, wat die hengel ‘n groot uitdaging gemaak het. ‘n Paar groot babers en karp word egter geland. Nietemin byt die hengelaars vas en doen uitstekend. In totaal het 68 hengelaars 808 vis ingeweeg oor die twee dae se vier sessies.

Uitslae

Die spannetjie van Curro Heuwelkruin wen die silwer met 179 punte.
Met die hulp van Twane se groot karp, vat Krielpark die bronsmedalje huistoe met 147 punte.
Die hoërskole het hard geveg en die uitslae is baie naby aan mekaar – HTS John Vorster eindig derde.
HTS Middelburg se plan werk uiteraard effens beter en hulle wen die silwer.
Die SA Skole Kampioen van Kampioene vier die oorwinning – Hoërskool Die Anker gooi hulle nuwe Super Cast Pette in die lug, wat hulle as deel van die pryse ontvang het. Super Cast het vir elke hengelaar by die toernooi ‘n pet gegee, maar die wenners het ‘n tweede, baie spesiale geborduurde pet gekry.

Related Articles

Close