Bank AnglerNews

SAVOF Elite Series Finaal

25-27 Oktober 2019, Vaaldam

Die Elite Reeks se finaal was geen normale kompetisie nie. Die spannekompetisie het Vrydag 25 Oktober plaasgevind, ten midde van ‘n gure front wat inbeweeg het. Tesame hiermee het sterk wind en reën inbeweeg en die weerlig was op tye heel venynig. Veral deur die loop van Saterdag waar die uitdunwedstryde plaasgevind het. Tydens die finaal het die wind sterk gewaai, so van die kant af en vir baie moeilike hengel kondisies gesorg. Hengelaars wat hier meeding is natuurlik gesout en ‘n bietjie slegte weer skrik hulle nie af nie.

Hieronder volg ‘n fees van fotos wat elke hengelaar in die finaal vasgevang het, asook eksklusiewe onderhoude met die wenners.

Al die wenners.
Die Kampioen van elke afdeling, Erika Venter -Dames, Robert Hurn – Seniors en Attie Calitz -Meesters.
Die beamptes vir die toernooi – Charles de Fortier, Danie van der Schyff en Linda Steyn.

Hier is die spanne uitslae van Vrydag:

Seniors Top 5 Spanne:

Pos Span Punte
1 GOFISH 38
2 BOULYN 36
3 JUMBO FISHING 31
4 TRUCELLA 30
5 HENGELVRIEND B 29

Vis: 848 Massa:452,906kg

Dames Top 4 Spanne:

Pos Span Punte
1 GOFISH 16
2 WHATEVER – TACKLE SHOP 9
3 DOUBLE-UP 8
4 MYSTIC SPICE – TACKLE SHOP 7

Vis: 211 Massa: 99,315kg

Die finaal:

Dames-afdeling

Die finaal van die Dames-afdeling is besleg in twee sones van 10 hengelaars elk. Die Meesters en Seniors het egter na 4 ure se hengel gekuif na ‘n ander pen, en die ou SAVOF reëls is gehengel, waar ‘n vis 150g moes wees om vir punte te tel. Daar het heelwat nie-weeg vis uitgekom, veral jong karpe. Die uitslae is as volg:

Pos Hengelaar Vis Massa Vangs punt
1 Venter JF 20 10,66kg 306,6
2 van der Merwe Y 13 6,25kg 192,5
3 Momberg Marita 13 6,38 kg 193,8
4 Porteous Y 9 3,73kg 127,3
5 van Zyl N 12 7,1kg 191

Sien al die Dames fotos hier:

1-JF-Venter

Image 1 of 53

Dames Wenner JF Venter.

Meesters-afdeling

In die Meesters-afdeling lyk die resultate so:

Pos Hengelaar Vis Totale massa Vangs punt
1 Calitz AB 29 18,44kg 474,4
2 Smit D 27 13,435kg 404,35
3 Bosman AJ 26 13,29kg 392,9
4 van Niekerk B 23 11,8kg 348
5 Hambly SR 23 10,675kg 336,75

Sien al die Meesters fotos hier:

1-AB-Calitz

Image 1 of 48

Senior Afdeling

Sien al die Seniors fotos hier:

1-Robert-Hurn

Image 1 of 51

Pos Hengelaar Vis Massa Vangs punt
1 Hurn R 27 18,83kg 458,3
2 Momberg H 20 24,00kg 440,0
3 J van Rensburg JD 22 15,56kg 375,6
4 Beukes PJ 19 14,11kg 331,1
5 Prinsloo R 18 13,45kg 314,5

Kantmanne:

Om die speelveld meer gelyk te maak, het daar twee hengelaars wat nie aan die kompetisie deelgeneem het nie, op die kante gehengel, sodat daar geen buitepenne was nie. Hier is hulle:

Die kantmanne – JL Jordaan (links) end K Stoger (regs).

Related Articles

Back to top button