Bank AnglerBass AnglerCarp AnglerTight LinesWIN

SAVOF Facebook Kompetisie

*****KOMPETISIE TYD*****

Ten einde die Nasionale Kleure Register van SAVOF op te dateer, gaan daar ‘n projek geloods word hier op SAVOF se FaceBook-blad. Daar sal ‘n kompetisie gekoppel word aan die projek en die reëls is as volg:

i. Huidige en vorige hengelaars word versoek word om spanfoto’s van Springbok, RSA en Protea spanne hier in die kommentaar blokkie op die oorspronklike plasing van SAVOF te plaas van die span waarin die persoon self was of waarin ‘n afgestorwe familie lid was.

ii. Die name van die spanlede wat bekend is, moet die foto vergesel, benoem vanaf links na regs op die foto.

iii. Die jaar wat die span deelgeneem het, moet aangedui word.

iv. Die venue van die deelname, moet aangedui word.

v. Indien daar name by ‘n foto kort, kan enige persoon die ontbrekende naam/name byvoeg deur middel van ‘n kommentaar te lewer by die plasing van die betrokke span se foto.

vi. Die volgende pryse kan gewen word in ‘n gelukkige trekking, gebaseer op 1 inskrywing per foto wat ingedien word in die volgende afdelings:
1. Seniors – R 2500
2. Dames – R 2500
3. Juniors – R 2500
4. Die persoon wat die oudste spanfoto indien – R 1000

Om vir die prystrekking in aanmerking te kom, moet al die besonderhede op die foto (name van hengelaars, jaar en venue) volledig verskaf word.

Bepalings en voorwaardes is geldig en bindend vir enigiemand wat deelneem.

Hengelaars word versoek om die FaceBook-plasing te versprei, om sodoende meer hengelaars te bereik.

Die kompetisie se sluitingsdatum sal 31 Julie 2021 om 12:00 wees.

KLIK HIER VIR DIE FACEBOOK POST LINK

0 0 votes
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Check Also
Close
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x