
SEE- EN RIVIERHENGEL IN DIE SUID-KAAP: Hengel saam met RYNO
Ryno Welsh het naby die see grootgeword en van kleins-af ‘n hartstogtelike liefde vir hierdie gewilde buitelugaktiwiteit ontwikkel. As houer van provinsiale en nasionale kleure in hengel, en nog lekker jonk genoeg, is hy by uitnemendheid geskik vir die werk wat hy deesdae voltyds doen, naamlik om as hengelgids hengelaars en beginner-hengelaars op dagtoere te begelei en sy kennis met hulle te deel. Aas en gerei word voorsien.
#stywelynetightlines
#tightlines
#stywelyne
#foranglers