1. Cover Story: So Geseënd….
Dis ‘n heerlike oggend langs die Vaaldam by ‘n nuwe oewer – 26 Desember 2021 – Hoe gou kan ‘n mens se lewe in ‘n oogwink verander. Ons gaan hengel by Riviera vir die eerste keer, ek struikel by die water en val…en ek breek my gewrig baie sleg. Nodeloos om te sê ons pak op, voordat daar nog nie eers ‘n stok in die water is nie. Die dokter opereer en sit n plaat met 9 skroewe in om alles aanmekaar te hou. Ek is ongelooflik dankbaar teenoor die Here want dit kon soveel erger gewees het. Ek word opgepiep, versorg en vele meer terwyl my arm en hand herstel. Die Here het altyd ‘n plan met ‘n mens se lewe en partykeer moet ons net so bietjie gebriek word.