
SOSIALE KOMPETISIES: BWF Envirotec Overnighter, CR Swartdam
Die naam ‘BWF’ het nou al sinoniem geraak met die jaarlikse sosiale kompetisie-hengelkalender, en weereens op die naweek van 26 en 27 Maart was dit ’n reuse sukses.
Die ‘BWF Envirotech’ is ’n jaarlikse boothengel-kompetisie wat oor 12-ure strek – naamlik oornag – by die bekende CR Swartdam in Rynfield. Die grootprys wat jaarliks gejag word is vir die R60 000 se gemerkte karp wat ’n paar dae voor die kompetisie gevang, gemerk en losgelaat word.