Stadsjapie gaan hengel
Ek het ‘n geleentheid gesien om op die langnaweek van 29 April tot 2 Mei by die Willow Water- oord te gaan hengel. Die oord is in Krugersdorp geleë, beskik oor vyf damme en is slegs 43km vanaf Johannesburg en 65km vanaf Pretoria. Die water kom uit ‘n natuurlike inloop, is skoon en gesond en huisves karp, geelvis, kurper en baber. Die kamp- en hengelarea en die ablusiegerief is netjies en skoon. Dis beslis is ‘n oord waar jy saam met jou familie kan gaan hengel en deur die dag lekker kan ontspan.