
Stywe Lyne Tight Lines JUNIORS: February 2025
Send your photo's to us: stywelyne@stywelyne.net
Email a clear photo of a junior with his or her catch with the details of the catch, name and age, marked “Juniors” to:
NB: Fish must be held preferably in a horizontal position with two hands, with no fingers in the gills or eyes, and not hanging on a hook.
Photos of endangered species such as Brindle Bass, Natal Wrasse, Potato Bass, Sawfin and Seventy-Four are not accepted.
BELANGRIK: Dit is belangrik dat visse so vir foto’s geposeer word dat geen handeling, wat deur ander as mishandeling gesien kan word, verskyn nie. Die korrekte manier wat ons ons jong hengelaartjies moet leer is dat twee hande gebruik word, een onder die voorste gedeelte van die lyf en een onder die stertkant.
VERY IMPORTANT: By submitting images of persons under the age of 18 years for publication, the person doing so gives full permission to publish it.
BAIE BELANGRIK: Die persoon wat beelde van persone onder 18 jaar voorlê vir publikasie verleen volle toestemming om sodanige beelde te publiseer.
MATTHEW DE GOUVEIA
Matthew, (12jaar), het die pragtige swartbaars by Primkop Dam buite Witrivier in Mpumalanga gevang met Kingfisher se Reaction Stretch Fluke Black Night! Die vis is weer vrygelaat om ’n ander hengelaar se dag te maak. Marie de Gouveia.

Benjamin Zeelie se gestreepte marlyn
Dit was ’n mooi dag op die see! Die oggend kon Benjamin skaars wag om saam met sy pa en oom op die see te gaan sleep vir roofvis. Vir ons as familie is visvang ’n heerlike sport, maar daardie dag was dit net die manne se beurt, terwyl die res op die kantlyn in spanning gewag het.
Die manne het vroegoggend begin aas sleep, en ná ’n rukkie was dit stywe lyne. Oom Marco het die eerste treffer gehad en sy blou marlyn gevang. Nadat hy die vis vrygelaat het, skaars 52 sekondes nadat hulle weer begin sleep het, het die lyn weer geskree. Hierdie keer was dit Benjamin se beurt om die vis in te bring. Hy was oorstelp van vreugde toe hy besef dit is ’n strepiesmarlyn – sy heel eerste een, net ’n paar dae voordat hy agt jaar oud sou word. ’n Droom het waar geword! Die strepiesmarlyn was sowat 40-50 kg en is ook weer vrygelaat.
Die strepiesmarlyn is gevang met ’n Islander-lokaas in die waters rondom Sodwana in KwaZulu-Natal.


*Benajmin se gunsteling fliek is “Blue miracle”, waar weeshuis-kinders aan ‘n visvang kompetisie deelneem om hulle weeshuis te red en te behou, ‘n baie mooi inspirerende storie. Hulle stap weg met ‘n groot som geld wat hulle gewen het in die kompetisie waar hulle ‘n groot marlyn gevang het! Mamma Corné Zeelie.
Toe vang Benjamin ‘n dorado ook …




André, De la Rey & Junior Tonkin
Net voor die einde van 2024 het drie broers ’n pragtige karp in hul plaasdam gevang. Hulle geniet die buitelewe geweldig baie.

AVA BOYDER


Kevin Boyder had a super fun day out at sea with his daughter, Ava from Richards Bay during the start of December. Ava landed a few fish, and she loves her Tight Lines shirt!
JOSHUA DU PREEZ
Sesjarige Joshua het al die visse vanuit die diepsee by St Francis gevang met tjokka en sardien. Sy gerei is ‘n Shimano Spheros 4000 katrol en ‘n kort junior visstokkie, gelaai met 10 pond vleglyn (braid), en 15 pond leaderlyn! Hy geniet dit vreeslik baie om vis te vang en is ‘n regte klein yster wanneer hy die visse in katrol!




JOHN SCHOLTZ
Kranige visserman, John Scholtz (4 jaar oud) vang hierdie pragtige karp met net ‘n stukkie brood in Robertson. Op ‘n gewone naweek vang John klipvisse, stompneuse en pajama haaie in Langebaan. John eet, slaap en speel visvang. Marelda Scholtz.

AVA BOYDER
Ava simply can’t get enough of fishing! Here she is rocking her Tight Lines shirt, showing off her passion in style. Thanks for representing us, Ava!

EMILEE LONGO
On the Inkomati River in Mozambique our daughter, Emilee, 9 years old, caught a beautiful African Tigerfish all by herself with a Rapala lure, while fishing with her dad. The fish was handled respectfully/ responsibly and released. Her tackle was a 6’6” MH Rod and a Shimano 3000 reel with 20-pound mono. – Tarryn Longo.
