
SWARTBAARSHENGEL: Die Wilkens-Baarsgesin se Glansprestasies by Potchefstroomdam
Met groot opgewondenheid op Saterdagoggend, 8 Februarie 2025, het die Wilkens-Baarsgesin die waters van Potchefstroomdam betree vir hulle eerste amptelike kompetisie saam met die Wesvaal Bassmasters. IW, Marlene, Mayla, en Ryan het die dag aangepak met hul Thunderbird boot, gereed vir ‘n dag van intense hengel. Die atmosfeer by die Potchefstroom Bootklub was gelaai met energie, en teen 06:15 het die baarsbote begin uitvaar na die wyer water.
#stywelynetightlines
#tightlines
#stywelyne
#foranglers