The Courier Guy Bloemhof Bonanza 2024
REINETTE BARNARD WYS DIE MANNE!
WOORDE: Bernard Venter FOTO’S: Verskaf
Met ‘n eerste prys van ‘n allemintige R100 000 kontant geborg deur The Courier Guy is die23ste Bloemhofdam Bonanza vanjaar in puik weersomstandighede vanaf 27 April tot 1 Mei op die Noordwes- en Verlatenkraal-oewers aangebied.
Hengelaars van regoor die land het opgeruk om nogeens die Bloemhofdam Bonanza te kom geniet!
Dit was ‘n oewer-en boothengeltoernooi met die fokus op karp as spesie omdat dit die speelveld tussen alle deelnemers gelyk maak. Reinette Barnard het die manne gewys dat as dit by karp kom enige iemand die Bonanza kan wen! (lees gerus haar storie oor hoe sy die Bonanza gewen het.)
Die algehele wenner van The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2024 word deur die lengte van die wenkarp bepaal. Die meetstelsel het verskeie voordele bo dié van ‘n tradisionele inweeg. Die meting van vis word al hoe meer in georganiseerde hengel gebruik. Daar is nie hope vis soos by die weegstelsel dikwels die geval is nie. Die visse se lengtes word deur die deelnemers op hul selfone ingedien wat beteken dat nie almal na ‘n sentrale inweegpunt hoef te ry om vis te laat weeg nie. Die Bonanza gebruik ‘n elektroniese Leaderbord wat elke deelnemer op sy foon kan volg en slegs die visse in die top 10 moet dan deur ‘n beampte geverifieer word.
Daar was pryse vir die seniors-, dames- en junior-afdelings met kwaliteithengelgerei deur Mitchell geborg. Johan Prinsloo met ‘n karp van 79.6cm het naelskraap tweede gekom in die senior-afdeling. Met Reinette Barnard wat die senior-afdeling met ‘n karp van 80cm gewen het, was dit Joline van Jaarsveld wat in die dames-afdeling na die eerste plek opgeskuif het met ’n karp van 71.7cm. Annemie de Bruyn het die junior-afdeling gewen met ‘n karp van 70.2cm.
SENIORS
JUNIORS
DAMES
Volledige uitslae:
Soos almal weet, is Bloemhofdam bekend vir die reuse babers wat daar voorkom. Heinrich Kleyn het die grootste baber van 142.2cm gevang en R5000 kontant, geborg deur Mega Theron Group, plus pryse ter waarde van R7500 gewen Sy prys het hengelgerei en ‘n naweek se verblyf en hengel by Bloemhofdam saam met die ervare span van The Big Cat Popper ingesluit.
Die deelnemers wat nie gelukkig genoeg was om wenvisse te vang nie, het pragtige pryse in die talle Gelukkige-trekkings ter waarde van R60 000 by die prysuitdeling gewen.
Deelnemers het weer die kans gehad om met hulle oorspronklike hengeldrag te kom pronk in die Mooiste Spannedrag-kompetisie wat met die komplimente van G2 Industries en Gys Pitzer Motors aangebied is.
Die eerste 500 deelnemers wat ingeskryf het, het ook elk ‘n goodybag gevul met ‘n pakkie Ezee Balls mieliebol, ‘n 600meter tol Double X lyn en Wabona mieliemeel ontvang.
Die Paindane Mozambique vakansieprys ter waarde van R25 200 is deur Phillip Ueckerman gewen.
Die Ontwikkelingspan het onder die bekwame leiding van John Montshiwa heelwat visgevang.
Die terugvoer vanaf deelnemers was uiters positief. Dit is duidelik dat dit een van die aangenaamste Bloemhofdam Bonanza’s was en almal sien uit na volgende jaar se Bloemhofdam Bonanza!
Dankie aan Gys Pitzer Motors!
Die Plastics SA Hou Die Dam Skoon-kompetisie sorg dat die oewers mooi skoon agtergelaat word.
*As organiseerder bedank Eco-Care Trust al die borge en deelnemers, Noordwes Parkeraad en die media vennoot, www.For Anglers.co.za, vir ‘n puik The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2024!
The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!
[…] The Courier Guy Bloemhof Bonanza 2024 […]