The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 uitgestel tot September!
PERSVERKLARING

Beste Hengelvriende.
Dit is met teleurstelling dat ons julle moet meedeel dat The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 geskeduleer vir 27 April tot 1 Mei 2025 uitgestel is.
Soos almal bewus is, het ons uiterste weersomstandighede die afgelope maand beleef en meeste damme is in vloed.
Bloemhofdam is ook in ‘n vloedsituasie wat veroorsaak het dat die hengeloewers heeltemal oorspoel is. Die watervlak is vêr oor 100%. Die water is in die lang grasse en bome langs die oewers. Indien die watervlakke nou sak gaan dit al die oewers modderig maak.
Die organiseerders het ‘n skrywe* vanaf Northwest Parks & Tourism Agency ontvang wat die reservate, Noordwes en Verlatenkraal, bestuur waarin verklaar word dat die dam tans nie geskik is om die Bonanza aan te bied nie.
In die lig van die vloedsituasie het die organiseerders nie ’n ander keuse as om The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 uit te stel nie.
The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 sal, net soos dit tans gereël is, op 24 tot 28 September 2025 plaasvind. Dit is die enigste geleentheid in 2025 om die Bonanza oor ‘n langnaweek aan te bied.
Ons vertrou dat ons deelnemers begrip vir die situasie het. Ons glo dat almal The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza in September baie meer sal geniet as die weersomstandighede beter is, en die hengeloewers weer normaal is. Aangesien die Bonanza nie afgestel word nie, is jou hengelkaartjie net so geldig vir The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza wat in September plaasvind. Geen terugbetalings sal oorweeg word nie.
Beste wense.
Eco-Care Trust.
Organiseerders van The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025.
*Die skrywe vanaf Northwest Parks & Tourism Agency: