
UIT EN TUIS: Braaier op die boot, ons eet te lekker …
“Kyk, jy kry twee tipes mense, een wat ’n lekker plek soek, en dan kry jy daai wat ’n plek lekker maak. Ek dink al moes jy net kyk hoe hulle vang, het jy dit lekker gemaak!” Dié woorde is net so van een van ons oeroue lesers, ene Nico Nell van Mosselbaai, aan my die ander dag oorgedra toe ek moes noem dat ek glad nie vis kon vang tydens die Ratel Dames Diepseekompetisie by St Lucia nie, want as mediamens kon ek net kyk en verslag doen oor hoe daar gevang word …