UIT EN TUIS: Wat eerste, die tent of die visstokke?
’n Naweek in Mei vanjaar so binne in die herfs was maande reeds vooruit bespreek vir ’n twee-nag, drie-daghengel en kampnaweek reg langs die water vir vier vriende, myself en my man Jaco. Een van ons hengelmal kinders, Niël het besluit nuwemaan werk vir hom wat visvang betref, so of dit nou koud of reënerig is, kamp en visvang gaan ons! Wel, gelukkig was die reën hier in Gauteng net-net verby en net die koue het agtergebly.