VAN DIE OEWER / FROM THE BANK
‘Skuus, maar het iemand gesien wat het van Januarie geword? Ek’s seker dit was nou net hier, maar nou’s dit net weg, soos oggendmis wat voor die son op ’n warm somersdag verdwyn! Met hierdie verrassende (ontnugterende?) besef, welkom aan almal aan ons tweede uitgawe vir 2020!

Hierdie jaar is beslis besig om net langs die voetspore van die vorige een te trap. Nie heeltemal in nie, maar net langs. Hoekom hierdie gewaarwording? Plein en simpel want ons hengel leefwyse weier om die knie te buig voor die vele “uitdagings” (die woord wat politikuste in plaas van “probleme” gebruik, dit verbloem mos…