VAN DIE OEWER | FROM THE BANK

MAART | MARCH 2025

WOORDE: Eugene C Kruger

SASACC Jaarverslag, Bekommernis in Bloemhof … 

Welkom alle lesers aan ons Maart-uitgawe. Reën het oral voorgekom, en terwyl ons hengelaars die volwordende damme met dankbaarheid verwelkom, het ons ook meegevoel met soveel gesinne wat vloedskade beleef het. 


2023/2024 SASACC JAARVERSLAG 

Formele sporthengel bestaan nie net uit die fisiese daad van by die water opdaag en visse vang nie. O nee, agter daardie genotvolle buitelug-ontspanning van derduisende mense van alle ouderdomsgroepe is daar vele administratiewe take wat deur talle toegewyde, vrywillige amptenare bedryf moet word. 

Hierdie dinamiese organisasie word in die 2023/24 Jaarverslag van die Suid-Afrikaanse Sporthengel en Gooi Konfederasie breedvoerig toegelig, maar laat ek dit liewer in Engels stel (want die jaarverslag is in Engels gepubliseer), South African Sport Angling and Casting Confederation, oftewel SASACC.

Met die publikasie van sy Jaarverslag as ‘n kleurvolle gedrukte publikasie verlede maand het SASACC sy verdiende plek en teenwoordigheid as ‘n geloofwaardige, gerespekteerde rolspeler in die Suid-Afrikaanse formele sport- en korporatiewesakegemeenskap bevestig. Dit is die heel eerste keer dat SASACC sy beeld op so ‘n wyse aan die wêreld daar buite wys, en dit kan net voordelig vir hengel in die land wees. 

In die formele, korporatiewe sakesektor is die publikasie van ‘n jaarlikse verslag deel van hul algemene beeldbou-aksie om hul kliënte en aandeelhouers in te lig en ook om hul standvastigheid en geloofwaardigheid te bevestig. 

Wat die Jaarverslag ook bekendmaak is bykomende aksies wat onderneem word bo en behalwe sy primêre taak om hengeltoernooie aan te bied, om nasionalespanne aan te wys vir internasionale toernooie en die aantekening van rekordvisse. Soos byvoorbeeld die aanbieding van aanlynkursusse onder die term High Performance



Soos byvoorbeeld:

  • Assistant Angling Coach Level 1; 
  • Team Manager: provincial or national; 
  • Team Captain: provincial or national; 
  • Angling Administration; 
  • Angler Development Courses: The purpose of these courses “is to empower the members who are selected for the positions to be willing to serve the sport to ensure that they can be professional in their conduct”. 

Dis vir seker baie meer as net om te ‘gaan hengel’!

‘n Item wat in alle jaarverslae intense aandag trek, is die finansiële state, en dit is gerusstellend om te sien dat SASACC se finansies blyk heeltemal gesond te wees. Vir dié wat verder in die finansies van SASACC belangstel, lees gerus die jaarverslag wat SASACC aan al sy lede beskikbaar stel.  

A noteworthy feature in the report, among all the others, is ‘Member Participation’, in which our own Jessica de Villiers describes her introduction to international competition as a member of the Protea team at the first U/25 Feeder World Championships in Hungary, surely providing lots of encouragement to young adults to also join competitive angling as a sport of choice. 

In his President’s Report, Andries Maree, while noting the many successes during the reporting year, also notes a ‘concerning matter’, namely that “the current local and international economic climate is having detrimental effects on the participation of our members from the lower-income groups,” and calls on SASACC to “urgently have a brainstorming session to identify possible initiatives to limit this effect.”   

It is indeed a worrisome state of affairs that is having a negative effect on all aspects of the recreational fishing industry, although being what it is, it is my feeling that “going fishing” will always be high on the priority list of those who reckon that casting a line is akin to breathing! 

Concluding the Report, Andries Maree notes: “May 2025 be a special year in terms of our participation with great results, and may we manage the sport based on good governance principles by the various office bearers and management.”

The SASACC Annual Report deserves to be read by all sport anglers; my congratulations to SASACC president, Andries Maree and his team for a job very well done!




KLEIN KARPE & KURPERS IN BLOEMHOF … 

Verlede maand met die verskeie SA-kampioenskappe wat by Bloemhofdam plaasgevind het (sien verslae op ons Facebook-bladsy en ForAnglers.co.za platform) het deelnemers tot hul verbasing – of was dit ontsteltenis en teleurstelling! – die een klein bloukurper of karp na die ander aan hul hoeke gekry. Ver van die minimum weegbare massa van 150 gram kon die vangste nie vir punte tel nie. So ook het hengelaars maklik tot 100 en meer visse in ‘n sessie gevang, ook dié wat te klein was om vir punte te tel. 

Hierdie toedrag van sake is in direkte kontras met karpvangste in die 1980’s en 90’s toe ligtegereibootligas gekenmerk is met sakke van ver bokant 100kg, met karpe van tussen 4kg en 6kg wat as gereelde vangste gereken was, om nie eens te praat van die groot babers nie, destyds algemeen bekend as die ‘Bloemhof-treine’ wat hengelaars van oor die land getrek het. Oewerkompetisies het ook aanhoudende sukses-stories geskryf en hengelaars moes werklik uithaal en wys om bo uit te kom. En met die Wêreldkarpkampioenskappe – wat die Proteaspan met ‘n kragvertoning gewen het – het twee van ons Protea-penne in die 72-uur-toernooi die magiese een ton (1000kg) sak behaal.  

Viskundige, dr Leon Barkhuizen, ‘n navorsingsgenoot aan die Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, vertel dat hy en sy span verlede maand visopnames in Bloemhof onderneem het, en wat hulle gevind het was “uiters kommerwekkend”. Hulle kon honderde bloukurpers van alle grotes vang, maar bittermin karp en ander vissoorte. Toe hy data van vorige jare met hierdie jaar vergelyk, is gesien dat hierdie jaar net drie klein karpe oor drie dae gevang is. Sjoe! 

In toekomstige uitgawes gaan dr Barkhuizen verder oor hierdie kommerwekkende verskynsel uitbrei. 

In vorige uitgawes het Werner Lubbe geskryf oor bloukurpers wat hy in die laer-Oranjerivier gevang het, wat saam met die hordes klein kurpers in Bloemhof die tradisionele opvatting dat ‘kurpers nie in koue streke kan oorleef nie’ totaal nek omgedraai het.

Iets is beslis in ons hengelwaters aan te gebeur; besoedeling soos riool, rommel, hiasinte en alge kan ons maklik sien, maar wat ín die waters aangaan is nie so maklik nie. Hopelik kan ons in toekomstige uitgawes lesers met wetenskaplike feite inlig.

Intussen geniet Maartmaand se hengel soos die dae nou begin korter word en die nagte langer, en soos altyd, Take Care!

Eugene C Kruger

*Iets oor hengel op die hart? Something about angling on your mind? Stuur ‘n epos aan/ Send an email to: editor@thebankangler.com.



The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x