VROUEDIEPSEEKOMPETISIE: Queens of the Ocean 2024

110 Vrouehengelaars op 35 diepseebote en 1 jetski het aan hierdie jaar se ‘Queens of the Ocean’ diepsee-hengelkompetisie einde verlede maand by St Lucia deelgeneem.

Die gewilde kompetisie het met ‘n koue, reënerige wintersdag afgeskop. Motreën het onophoudelik geval, maar dit het die dames nie ontmoedig nie. Geklee in reënjasse, warm baadjies en mussies, en selfs met sambrele op sommige bote, het hulle dapper die weer aangedurf. Bote het op die strand gewag totdat die mis in die lug opgeklaar het en die golwe sigbaar was, maar teen die tyd dat die mistigheid verdwyn het, drie ure later, het die gety gedraai en die golwe was so onstuimig dat die eerste dag tot almal se teleurstelling afgelas moes word.

Die tweede en dus die laaste dag het aangebreek met koel, helder lenteweer, gelukkig sonder reën. Die dames het hard gewerk om soveel as moontlik roofvisspesies te vang om punte te verdien. Die see was lewendig en uitdagend, maar die visse was honger! Die inweeg het presies om 15:00 gesluit, maar drie bote was te laat om hul vangste te weeg, insluitend die enigste marlynvangs. Visspesies wat se gewig gekwalifiseer het by die weegstasie, was dorado, leervis, geelvin-tuna, Natal snoek, koningsvis, koninginvis en seilvis. ‘n Wahoo-vangs was te lig, en die marlynvangs gediskwalifiseer.



Altesaam 69 visse is geweeg, 7 gemeet en vrygelaat, en 2 seilvisse is vrygelaat met ‘n totale geweegde gewig van 519,6 kg!

Baie geluk aan die span van die wenboot, Ocean Commotion met 163,50 punte! Melinda Scheepers, een van die spanlede, het derde plek behaal onder die top 10 dames met haar 15,32 kg dorado. Die span op die boot Free Spirit het tweede plek behaal met 156,72 punte. Lana Leibrandt, van hierdie boot, is as die top junior hengelaar bekroon, en haar ma, Bianca, het vyfde plek onder die top 10 hengelaars behaal. Derde plek het gegaan aan die dames van die boot LegaSea met 121,20 punte. Spanlid Jacqueline Meyer is as die top dameshengelaar met eerste plek bekroon. Die skerp kontras tussen die twee dae, met net een dag se deelname, het die kompetisie ‘onvergeetlik’ gemaak.

*Lees die volledige artikel met al die uitslae, sowel as baie foto’s en video’s in die volgende uitgawe (Oktober) op die ForAnglers platform.



The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x