
WAT IS AAN DIE BROEI BY IFAFI?
September en Oktober is gewoonlik grootkarptyd by Ifafi, so dit is Riaan Alleman se gunsteling hengeltyd by dié gewilde oewer, my persoonlike beste is immers ‘n jaar terug daar gevang.
Hierdie jaar egter was dit reg in die middel van die kuitskietperiode, en mense, was dit ‘n lang vyf dae sonder ‘n enkele trekkie aan die lyn! (Lees Deel 1 in vorige uitgawe. – Red).
Ek het alles en nog meer probeer sonder enige resultate. Om die waarheid te sê het ek niks meer verwag nie en dit is deur en deur bewys dat die vis niks tot baie min vreet wanneer hulle in die broeiperiode ingaan. Dit daar gelaat het ek besluit om twee weke later weer die sleepwa te pak en my weg te vind na Ifafi toe, alhoewel die karpe nie klaar kuit geskiet het nie was die meerderheid klaar en dan is daai visse baie honger.