Ons Wielevennote Maak ’n Spogtak Oop

Ons wielevennote, Gys Pitzer Motoring het nou vier takke in die Pretoria area, wat nie net ons hengelaars in dié metropool versien nie, maar enige plek in die land.

Die nuutste toevoeging tot die Gys Pitzer Familie, die Silver Lakes tak, is baie gerieflik geleë in die besige Solomon Mahlangu Rylaan waar dit pronk op die hoek van Bendeman Boulevard. Andries Joubert, die bestuurder van hierdie tak, sê dat die tipe voertuie wat jy daar sal kry het baie minder kilos, is duursaam en is so te sê nuut. “Ons het tans 120 goed geprysde, hoë gehalte voertuie op die vloer, maar beplan om te groei tot 200 voertuie onder dak by Silver Lakes.”
As jy hier instap, word jy vriendelik begroet deur ’n bekwame span van verkoopsmense, administratiewe en finansiële personeel wat gerat is om elke kliënt met die beste diens te voorsien. Na ’n toetsrit in die motor van jou keuse, kan jy heerlik agteroorsit in die gemaklike rusbanke, TV kyk en ’n Cappuccino geniet, terwyl die professionele span jou voertuig evalueer, jou aansoek afneem en die beste rentekoers by verskeie banke soek. Hulle sit jou kontrak sommer net daar en dan aanmekaar terwyl jy wag. Jy kan ook kies uit ’n string toegevoegde waarde produkte soos waarborge (Silwer, Goud en Platinum), Body line, Tracker en Data Dot, Smash and Grab en nog vele meer.



“As besigheidsbeginsel doen ons baie moeite om die regte voertuie aan te koop,” verduidelik Andries. “Ons soek spesifiek voertuie met lae kilometers, goed versorg met ’n diensplan en ongeluksvry. Voordat die voertuig op die vloer uitgestal word, gaan dit deur die DEKRA evaluasie sisteem en word noukeurig versien.
Gys Pitzer Motoring as groep bedryf reeds ons eie werkswinkels, en sal binnekort ook ’n toegewyde werkswinkel by Silver Lakes tot sy beskikking hê.”
Gys Pitzer Motoring se naam loop homself deesdae onder die hengelaars vooruit, en doelgerigte hengelvoertuie is volop op hulle vloere. Die personeel, waarvan baie van hulle self hengelaars is, verstaan die hengelaar se behoefte en stap die ekstra myl. Hulle waardestelsel is gebou rondom lojaliteit, eerlikheid, goeie reguit besigheid en om almal deel te wees van een familie. “Op hierdie wyse kom ons kliënte keer op keer terug,” se hy.
*Vir jou eie hengelvoertuig, besoek gerus:
www.gyspitzersilverlakes.co.za

